Raadgewer van Israel se eerste minister oor situasie ná aanvalle

Dis presies ‘n week gelede wat Hamas ‘n verrassingsaanval op Israel geloods het. Duisende Israeli’s en Palestyne het intussen weens die aanvalle gesterf. Minstens 150 burgers van Israel en ander lande is deur Hamas gyselaar geneem en word in Gaza aangehou, terwyl Gaza onder hewige bombardering van Israel deurloop. Intussen het Israel watertoevoer, elektrisiteit en die lewering van voedselvoorraad aan Gaza gestaak, wat deur talle kenners as ‘n oortredeing van internasionale reg beskou word. Ons praat hieroor met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, se senior raadgewer, Mark Regev, uit Tel Aviv.