Rand en sent 20 Desember 2020

Olivia Sambo praat met Willie Cloete, ‘n privaatsjef van Pretoria, oor alternatiewe en kreatiewe maniere vir ‘n heerlike en goedkoper kersmaal. Johannes de Villiers, skrywer van twee boeke, gesels oor maniere waarop jy kan uitreik na ander mense tydens die feesseisoen, en hoe jy steeds kan gee, selfs al dink jy daar is niks om te gee nie. Carla Oberholzer van Debtsafe moedig ons aan om onnodige aankope te vermy, en eerder jou geld te spaar. Eric Jordaan van Crue Invest en Sanel Roux van Petalje Blomme deel hulle kerswense met ons.