Reuse van radio – Episode 3

Anna Neethling-Pohl was nie net ‘n bekende aktrise en stemkunstenaar nie, maar ook een van die pioniers van Afrikaanse radio as omroeper, programmaker en regisseur. Jan Schutte was nie net die skrywer van die  Du Plooys van Soetmelksvlei nie, maar ook regisseur, programmaker en sanger – en hy het sy loopbaan afgesluit as direkteur-generaal van die SAUK.