RSG Landbou 10 Januarie 2022

Watter rol speel voedseletikette in Suid-Afrika, en het dit enigsins ‘n invloed op die verbruiker se voedselkeuse? Melvi Todd van die Universiteit Stellenbosch het navorsing hieroor gedoen, en sy deel ’n paar bevindinge. Dis brandseisoen in die winterreënvalstreke, en ons gesels met Hans-Jurie Moolman van Moolman & Pienaar Ingelyf oor die grondeienaar se regsaanspreeklikheid. Henk van de Graaf van TLU SA praat oor die styging in insetkoste, en watter impak dit op produsente en verbruikers het.