RSG Landbou 2 Desember 2021

Rooiwater is ‘n veesiekte wat deur bosluise oorgedra word. Dr. Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee raad oor die behandeling hiervan. Koos du Pisanie het by Ruden Rens van GWK gaan uitvind hoe aartappelproduksie in die Noord-Kaap lyk. Chris Derksen is op sy pos met nuus oor die week se vleispryse, en Johan van den Berg gesels soos altyd weersake.