RSG Landbou 23 Maart 2024

Ons kuier by ‘n raakvatter en dapper dromer. Sy landboureis is vanjaar tien jaar oud. Ons gesels oor die betekenis en simbole van tien. ‘n Dekade. Tien Gebooie. Van twintigs na dertigs. Joel Stransky. Die gee van ‘n tiende. Byron Booysen bevind hom vandag by ‘n kruispad. Sy volgende hoofstuk gaan gepaard met die ontwikkeling van sy plaaslike gemeenskap. Dié ongewone roete na sy groenteboerdery in die Wes-Kaap, sorg vir ‘n storie vir die eeue.