RSG Landbou 25 Maart 2024

Watter impak kan die 64 internasionale en plaaslike verkiesings in 2024 op die landbou hê? Wat gaan met wêreldinflasie gebeur? Op watter huidige prestasies kan die Suid-Afrikaanse landbou voortaan fokus? Dis van die onderwerpe waaroor daar gepraat is tydens die herfsbekendstelling van Absa Agribesigheid se gewilde AgriTrends-navorsingsverslag. RSG Landbou het by dié geleentheid met dr. Marlene Louw gepraat. ‘n Jongboer van die Standerton-omgewing, Nicky van der Linde, is verlede jaar as TLU SA se jongboer aangewys. Ons het by dié organisasie se jongboerkonferensie met hom gesels.