RSG Landbou 29 Maart 2024

Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê die Sitrus Sekondêr-program skep ‘n geleentheid vir leerders om ‘n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal. Dit word deur die Sitrusakademie aangebied. Jacomien de Klerk, die bestuurshoof van die akademie, sê meer as 450 leerders sal na verwagting vanjaar vir die program inskryf. Die opvoedkundige geleentheid word oor twee jaar gefasiliteer, en is gemik op graad 10 en 11-leerders. Het jy geweet Suid-Afrika plant meer Chenin Blanc aan as enige ander plek in die wereld? Ons kyk ook na die uitvoertendense. Cornelius Ooshuizen, hoofbestuurder van Koppert Suid-Afrika, praat oor mikro- en makro-gewasbeskerming.