RSG Landbou 3 Desember 2021

Dr. Johann Strauss is ‘n senior navorser by die Wes-Kaapse Departement Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou. Hy vertel van opwindende navorsingsprojekte waarmee die departement onlangs begin het, en wat vir 2022 beplan word. Ons bekyk ook die rol van erdwurms in wisselbouproewe. Volgens Cobus Meiring van die Tuinroete-Omgewingsforum is waterverdamping iets wat straks aangespreek moet word, veral in ‘n veranderende klimaat. Hy gesels oor oplossings waarmee daar vorendag gekom is in die afgelope vyf jaar. Conrad Schutte is bestuurder van konsultasiediens by Vinpro. Hy praat oor die stand van sake in die Wes-Kaape se wingerde.