RSG Landbou 4 Desember 2021

Die sagtevrugteboerdery en siderprodusent, Loxtonia in die Ceresvallei, het in Junie vanjaar met die louere weggestap as die algehele kampioen by die Internasionale sider-uitdaging vir hulle Methode Traditionelle-sider. Aan die hoof van die onderneming staan die vrugteboer Larry Whitfield. Hy’s ook stigter en sidermeester. Sy dogter, Ali, is bemarkingsbestuurder. Hoor die storie van hegte familiebande en ‘n verrassingsgeskenk by ‘n troue wat die een eerbetoon op die volgende tot gevolg gehad het.