RSG Landbou 5 Januarie 2022

Gewasse in groot dele van die somergewasgebiede ly onder versuipskade, en dit bring nuwe uitdagings vir produsente. Deon van Zyl van AECI Plant Health gee raad in dié verband. Ons gesels oor navorsing op inheemse vrugte. Rosemary du Preez van die Landbounavorsingsraad se tropiese- en subtropiesegewasse vertel van die werk wat hulle doen.