“RSG neem steeds sy openbare diens-rol ernstig op”

Gustav Greyling praat met Johan van Rooyen, hoofbestuurder by SAUK Radio in beheer van strategie vir ‘n portefeulje van stasies. Hy verduidelik die agtergrond vir die openbare uitsaaier se besluite oor veranderings aan RSG se oggendaanbod, en hoe die stasie steeds sy openbare diens-rol ernstig opneem.