Skrywers en boeke 1 November 2023

Sussie Kotze het onlangs haar 90e verjaarsdag gevier. Sy vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie agter haar roman wat vroeër vanjaar verskyn het, en gesels oor haar lewe en werk. Joan Hambidge gesels oor vier Afrikaanse boeke wat haar vanjaar beïndruk het. Johan Myburg het nuus oor twee goed wat hoofopskrifte gehaal het tydens die onlangse Frankfurtse boekeskou: ‘n toekenning aan Salman Rushdie, en ‘n toespraak deur die Sloweense skrywer en intellektueel Slavoj Zizek. Johan vertel ook waarna lesers kan uitsien in Hilary Mantel se outobiografie, A MEMOIR OF MY FORMER SELF: A LIFE IN WRITING. Mantel is verlede jaar oorlede, en hierdie is die laaste boek uit haar pen.