Skrywers en boeke 14 Junie 2023

Ilse Salzwedel stel jou voor aan Beverley Roos-Muller, skrywer van BULLET IN THE HEART, ‘n nie-fiksie werk wat die Anglo-Boereoorlog belig uit die hoek van die vier Muller-broers. In internasionale nuus deel Johan Myburg nuus oor die kortlys van die gesogte Britse James Tait-Blackpryse, en hy vertel meer oor die Nederlandse prys wat onlangs aan Annemarie van Niekerk toegeken is vir haar memoir ONDER ‘N BLOEDROOI HEMEL. Johan het ook ‘n interessante brokkie oor die Russiese skrywer Alexander Poesjkin. Daar is ook nuus oor ‘n slypklas en ‘n skryfkursus vir aspirantskrywers, en meer inligting oor die ATKV/RSG radiodramaskryfkompetisie.