Skrywers en boeke 15 Junie 2022

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Hannes Barnard oor sy misdaadroman DIE WET VAN GAUTENG. In Johan Myburg se internasionale boekenuus kan jy meer uitvind oor ‘n nuwe roman uit die pen van die Britse skrywer Julian Barnes, die skrywer Abdulrazak Gurnah se bespreking tydens vanjaar se Hay-letterkundefees en ‘n inspirerende skoolbiblioteek-veldtog deur die bekende Britse skrywer Cressida Cowell. In die voorlaaste radiodramaslypklas gesels Ina Strydom oor die gebruik van byklanke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die boeke (en mense) wat van haar ‘n leser gemaak het.