Skrywers en boeke 19 April 2023

Carien Smith, wenner van die UJ-debuutprys, gesels oor haar kortverhaalbundel BOT. Johan Myburg vertel meer oor die kortlys vir die Carol Shields- letterkundeprys, SALT, ‘n nuwe projek om die letterkunde van Suid-Asië toeganklik te maak vir lesers in die Weste, en Eleanor Catton se nuwe roman BIRNAM WOOD. Jy kan ook hoor wat Catton self daaroor te sê het. As jy ‘n kortverhaalskrywer is, maak seker jy luister, want Suzette Myburg het meer inligting oor die US Woordfees se kortverhaalkompetisie, en sy gee ook raad oor hoe om ‘n goeie kortverhaal te skryf.