Skrywers en boeke 21 Desember 2022

Die wenner en naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2022, Annelie Ferreira (DIT HET ALLES BEGIN BY ‘n HOND) en Nerine Ahlers (DIE VERDWYNING VAN SEAMUS SMIT DEUR SEAMUS SMIT), gesels met Ilse Salzwedel oor hulle boeke en wat dit is wat kinders laat lees. Johan Myburg gesels oor vyf internasionale fiksieboeke wat vanjaar aandag getrek het, en jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n onderhoud met Cormac McCarthy, skrywer van THE PASSENGER, een van die vyf boeke.  Chris Thurman gesels oor TCC Press, ‘n afdeling van die Tsikinya-Chaka-skryfsentrum aan Wits, se nuwe Afrikaanse vertalings van Shakespeare.