Skrywers en boeke 24 Mei 2023

Suzette Myburg gesels met Pieter Marais oor sy debuutroman, KONKEL. Wyno Simes van NALN in Bloemfontein vertel vir Ilse Salzwedel van die werk wat daar gedoen word om die Afrikaanse letterkundige en kunstenalatenskap te help bewaar. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangarembga, en die aanklagte teen haar van aanhitsing tot geweld; ‘n 20-jarige Kaapse student,  Hana Gammon, wat aangewys is as die Afrika-wenner in die Commonwealth-kortverhaalwedstryd; en die twee romans wat aangewys is as die gesamentlike wenners van die 2023 Pullitzerprys: DEMON COPPERHEAD (Barbara Kingsolver) en TRUST (Hernan Diaz). Jy kan ook luister na Hernan Diaz, wat gesels oor die rol wat lees en boeke in sy skryfwerk speel.