Skrywers en boeke 25 Oktober 2023

Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, vertel vir Ilse Salzwedel van ‘n klompie nie-fiksieboeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel.  Ilse gesels met Fanie Olivier oor sy Afrikaanse vertaling van die Belgiese skrywer Erwin Mortier se GODENSLAAP. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter en voormalige Nobelpryswenner, Louise Glück, ná haar onlangse dood. Hy gesels ook oor ʼn nuwe bundel kortverhale uit die pen van Jhumpa Lahiri, en ‘n Duitse literêre organisasie se besluit om ‘n letterkundeprys wat tydens die Frankfurtse boekeskou oorhandig sou word aan Adania Shibli, ‘n skrywer van Palestynse afkoms, onbepaald terug te hou. Haar roman, MINOR DETAIL, het reeds in 2020 verskyn en wêreldwyd groot lof ingeoes.