Skrywers en boeke 7 September 2022

Ilse Salzwedel gesels met Engela Linda van Rooyen oor haar skryfloopbaan van meer as 60 jaar. Sy het tientalle boeke, honderde tydskrifverhale en ook radioverhale geskryf. DIEREPLAAS, die Afrikaanse vertaling van George Orwell se ANIMAL FARM, word tans op RSG voorgelees. Die vertaler Wium van Zyl verduidelik hoe hy die vertaling aangepak het. Johan Myburg het nuus oor nuwe prosa uit die pen van die Nobelprysbekroonde digter Louise Glück, en jy kan ook luister na ‘n bydrae oor die James Tait Black-prys se wenner en skrywers wat oor die hoof gesien is vir die Nobelprys. Stefaans Coetzee van die Sanctuary Boekfees vertel meer oor ‘n kortverhaalkompetisie vir hoërskoolleerders waarin groot prysgeld op die spel is.