Skrywers en boeke 8 November 2023

Ilse Salzwedel gesels met dr. Hestelle van Staden oor haar boek, OUTOPSIE: BLOED VERTEL ‘N STORIE. Hestelle is ‘n forensiese patoloog, en lig in die boek die sluier oor haar baie uitdagende, maar baie interessante werk. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, het ‘n klompie voorstelle oor boeke wat oulike Kersgeskenke sal maak. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor nuwe misdaadromans, en hy vertel meer oor die Chinese skrywer Xan Chue, wat vanjaar genoem is as ‘n aanspraakmaker op die Nobelprys vir letterkunde. Johan stel ons ook voor aan CA Davids. Haar boek, HOW TO BE A REVOLUTIONARY, is onlangs aangewys as die wenner van die Sunday Times-fiksieprys.