Vers en klank 16 Januarie 2024

Op Vers en Klank gesels Sophia van Taak met die bekende reisjoernalis en fotograaf Toast Coetzer oor “spoken word”, of dan nou soos ons dit in Afrikaans noem: die gesproke-woord-digkuns. Toast skryf al vir dekades lank hierdie soort gedigte en dit dien ook as lirieke vir die musiek wat hy al op verskeie albums saam met sy groep, The Buckfever Underground, opneem het.