‘Wetsontwerp oor haatmisdaad en haatspraak is baie slegte nuus’

Met Suid-Afrika se geskiedenis van sensuur en onderdrukking van menings en spraakvryheid, is die voorgestelde wet op die voorkoming en bekamping van haatmisdaad en haatspraak, wat tans in die proses is om bekragtig te word, baie slegte nuus. Dis die mening van dr. Georgia du Plessis, ‘n regslgeleerde by die Internasionale Alliansie vir die Verdediging van Vryheid in België. Georgia is ook ‘n navsorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy sluit al die pad uit België by ons aan.