Woordfees is ‘n plek vir diskoers

Die Woordfees word gekenmerk deur heelwat diskoers-gesprekreekse. Maandaoggend om 11-uur kan jy so ‘n gesprek bywoon by die US Museum Vierkant waar daar gepraat sal word oor Populisme van Trump tot Poetin. Prof. Jo-Ansie van Wyk, politieke wetenskaplike van Unisa, sal aan daardie gesprek deelneem, en sy sluit by ons aan om ons te vertel waarna jy kan uitsien.