15:05 - 15:20

Middagvervolgverhaal

Nou op die lug: 15:20 - 18:00

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 20 Oktober 2021

Gesondheid 20 Oktober 2021

Een van die grootste probleme met Tipe 2 diabetes is die voorkoming van komplikasies soos hartversaking en nierversaking. Nuwe middels is nou beskikbaar wat ’n rol kan speel om Tipe 2 diabete langer en gesonder te laat lewe.  Mari Hudson praat met ’n internis oor die jongste verwikkelinge in die behandeling van Tipe 2 diabetes.

Woensdag 13 Oktober 2021

Gesondheid 13 Oktober 2021

Hoe voel dit vir ’n dokter om maande aaneen in ’n Covid-waaksaal te werk, daagliks pasiënte te sien sterf, siek pasiënte weg te wys omdat daar net nie genoeg ventilators is nie, en self die effek van isolasie te ervaar? Het hulle die emosionele energie vir ’n vierde golf? Mari Hudson praat met twee dokters wat baie tyd in Covid-waaksale deurgebring het.

Woensdag 6 Oktober 2021

Gesondheid 6 Oktober 2021

Het jy geweet dat mense se brandwonde dalk binnekort met ‘n ‘lewende’ 3D-gedrukte biomatriks behandel kan word? Mari Hudson gesels met 'n polimeerwetenskaplike oor dié navorsing. Sy kyk ook in die tweede deel van die program na feite en mites oor Covid.

Woensdag 29 September 2021

Gesondheid 29 September 2021

Hoe skakel Covid en die Covid-entstowwe jou immuunstelsel aan? Marí Hudson praat met ’n kliniese immunoloog oor die entstowwe en nanopartikels, mense met outo-immuunsiektes, jou genetika, en waar nuwe kankerenstowwe, die TB-enstof en kudde-immuniteit inpas.

Woensdag 22 September 2021

Gesondheid 22 September 2021

Hoe werk jou immuunstelsel wanneer jy Covid kry? Hoe skakel die Covid-entstof jou immuunreaksie aan? Marí Hudson praat met ’n kliniese immunoloog, wat verduidelik waar teenliggame, B- en T-selle inpas in jou immuunreaksie.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: