4 piesangs (ferm, maar nie groen nie. Gebruik piesangs waar die skil rypgeel is, sonder enige swart kolletjies)
1½ eetlepels ongesoute botter, gesmelt
knypie sout na smaak
3 teelepels bruin kleefsuiker.
Nutella – soveel soos jy dink genoeg is
4 eetlepels gekrummelde neute van jou keuse
geklopte room of vanieljeroomys
Verhit die oond tot 180o C.
Skil die piesangs en plaas die heel piesangs in ‘n gesmeerde oondbak.
Bedruip die piesangs mildelik met die gesmelte botter, en sprinkel daarna liggies met sout.
Besprinkel die piesangs eweredig met die bruin kleefsuiker.
Bak vir sowat 15 minute totdat die piesangs heel sag is.
Dien die piesangs op in individuele borde, en sny elke piesang in die lengte.
Skep Nutella in die oopgesnyde gleufies.
Strooi die gekrummelde neute eweredig oor elke piesang.
Bedien met geklopte room of vanieljeroomys.
Versier met ‘n paar granaatpitte. (opsioneel)
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za