Grieks/Marokkaanse speserymengsel
2 eetlepels origanum
1½ eetlepels knoffelpoeier
1½ eetlepels paprika
1 teelepel tiemie
1 teelepel uiepoeier
1 teelepel pietersielie
1 teelepel gemaalde swart peper
1 teelepel sout
2 teelepels gemaalde koljander
1 teelepel gemaalde gemmer
½ teelepel gemaalde kaneel
½ teelepel gemaalde neutmuskaat
½ teelepel gemaalde naeltjies
1 heel lamskenkel per persoon
swaardiens aluminiumfoelie
Vir twee persone die volgende: (pas aan vir meer persone)
4 eetlepels olyfolie
4 eetlepels vars suurlemoensap
2 eetlepels heuning
2 teelepels van die Grieks/Marokkaanse speserymengsel vir elke skenkel
Grieks/Marokkaanse speserymengsel
Voeg al die bestanddele in ‘n lugdigte houer, en skud dit goed om die speserye goed te laat meng.
Jy kan dit vir tot ‘n jaar in ‘n koel, donker kas hou.
Onthou om dit goed te skud voor elke gebruik.
Voorbereiding en marinering: (‘n dag voor die ete)
Plaas twee, ongeveer 60 cm lang, foeliestukke in ‘n kruisvorm vir elke skenkel.
Meng die olyfolie, suurlemoensap, heuning en speserye in ‘n bak, en smeer dit met die hand eweredig oor die skenkels.
Maak seker dis oral ruim bedek, ook die onderkant.
Plaas die skenkel in die middel van die foeliekruis.
Vou die boonste foelie om die skenkel, en dan die ander een.
Sorg dat die onderkante opwaarts gevou is om die sous binne te hou.
Plaas die skenkel in foelie in die yskas.
Draai in die volgende sowat 24 uur die skenkel so om en by drie keer om vir die marinade om oral deur te werk.
Gaarmaakmetode
Verhit die oond tot 180o C.
Plaas die skenkels in die middel van die oond vir minstens 2 uur en 30 minute.
Loer dan gerus, en los miskien na jou insig nog so 15 – 30 minute.
Haal uit, verwyder foelie, maar onthou om die sous onder in die foelie oor te gooi in ‘n houertjie sodat dit later saam met die bykos bedien kan word.
Bedien met bykos van jou keuse: rys (selfs geelrys met rosyne), kapokartappels, koeskoes of blomkoolrys.
Â
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za