2 blikkies kondensmelk
1 koppie melk (gebruik kondensmelkblikkie as maatblik)
2 blikkies warm water
2 eetlepels botter
4 eiers
6 eetlepels Maizena
1 teelepel vanieljegeursel
knippie sout
Tennisbeskuitjies
kaneel
Meng alles, behalwe die Tennisbeskuitjies en kaneel, in ‘n bak wat groot genoeg is vir die mikrogolfoond.
Mikrogolf vir 7 minute op hoog. Stop en meng.
Mikrogolf vir 5 minute op hoog. Stop en meng.
Mikrogolf vir 3 minute op hoog. Stop en meng.
Voeg die vanieljegeursel by die mengsel en meng goed.
Voer ‘n tertbak uit met die Tennisbeskuitjies.
Voeg die mengsel bo-op die beskuitjies.
Smeer dit glad en strooi die kaneel oor.
Dit kan dadelik bedien word.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za