2 kg rib (lam / skaap / bees / vark)
2 uie, in skywe gesny
3 lourierblare
1 knoffelhuisie, fyngekap
sout en peper
koljander
steak en chops-spesery
Marinade
1 koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
1 ui, gekap
3 teelepels mosterdpoeier
½ koppie bruinasyn
1 x 65g blikkie tamatiepasta
3 eetlepels suurlemoensap
½ koppie bruinsuiker
10 teelepels (50 ml) Worcestersous
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 teelepel kerriepoeier (opsioneel – of vervang met gerookte paprika)
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Sny die ribbetjie been vir been, of vlek net die ribbetjie (dis jou keuse).
Bespuit die oondpan met kleefwerende sproei, of smeer dit liggies met botter of olie.
Plaas die ribbetjie, uie, lourierblare en knoffel in die oondpan met ‘n bietjie water.
Geur met sout, peper, koljander en steak en chops-speserye aan beide kante.
Bedek met foelie.
Laat dit vir ongeveer een uur prut of totdat die vleis sag is.
Meng die bestanddele van die marinade in ‘n pot, en bring dit tot kookpunt.
Laat dit vir ongeveer 20 minute prut.
Dreineer die vleis, en plaas dit in ‘n foelie-gevoerde oondpan.
Giet die marinade oor die ribbetjie, en bak dit onbedek teen 180 grade vir ongeveer 45 minute.
Draai die ribbetjie ‘n paar keer om totdat dit goudbruin en sag is.
Bedien met gebakte aartappel en ‘n groen slaai.
As jy dit met rys bedien, maak die marinade dubbel aan.
As jy genoeg tyd gedurende het kan jy die ribbetjie gaar maak, oornag in die marinade laat week en dit dan die volgende dag in die oond bak.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za