2 groot uie, grof opgekap
4 kerrieblare
olie
1 eetlepel gemmer en knoffel, gerasper
2 groen rissies of 1 jalapeño
2 steranys
2 kardemomsade
1 groot stuk kaneel
1 blik fyngekapte tamaties
sout na smaak
1 teelepel borrie
2 eetlepels leaf masala
1 teelepel jeera (komynpoeier)
1 teelepel dhania (koljanderpoeier)
1 eetlepel garam masala
1 teelepel rissiepoeier
2,5 – 3 kg lamsvleis, in stukke gesny
beesaftreksel
8 groot aartappels, deurgesny
paar takkies koljander, fyngekap
Voeg ‘n bietjie olie in ‘n pot ok mdie bodem te bedek.
Braai die kerrieblare, rissies, kardemom, steranys en kaneel liggies sodat die geure lekker deurkom.
Voeg die uie en gemmer en knoffel in die pot en roer goed deur.
Voeg die speserye by en roer deur.
Voeg die tamatie daarby.
Roer deur en laat dit vir sowat 5 minute deurkook tot die speserye lekker met die tamaties getrou het.
Voeg die vleis ‘n bietjie beesaftreksel by.
Roer die vleis goed deur die tamatie- en masalamengsel.
Kook tot die vleis amper sag is voordat jy die aartappels byvoeg.
Proe of daar genoeg sout is, en voeg by na smaak.
Plaas die deksel op laat dit rustig prut tot die aartappels sag is.
Strooi die gekapte koljanderblare bo-oor en bedien op Basmatirys.
Dit behoort ‘n lekker lang sous te hê.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za