250 g botter
100 g donker sjokolade (85%/90%)
½ koppie xylitol
250 g volvet roomkaas teen kamertemperatuur
1 teelepel vanieljegeursel
2 teelepel kaneel
1 teelepel gemmerpoeier
¼ teelepel neutmuskaat
klein mespun naeltjiepoeier
50 g pekaneute, gekap
2 eetlepels kakao
2 eetlepels botter
Roomkaasversierskuiker (opsioneel)
2 eetlepels xylitol
3 eetlepels meduimvet roomkaas, teen kamertemperatuur
1 suurlemoen, sap en skil
In ‘n pot oor matige hitte, smelt die botter en sjokolade saam.
Voeg die xylitol by, en roer saam tot dit heeltemal opgelos is.
Plaas eenkant en laat vir 20 minute afkoel.
Plaas die roomkaas in ‘n aparte mengbak.
Voeg die sjokolademengsel daarby, en gebruik ‘n handklitser om alles baie goed saam te meng.
Voeg die vanielje, kaneel, gemmer, neutmuskaat, naeltjies en gekapte neute by, en roer om goed te meng.
Sif die kakao by, en meng weer goed tot enige klontjies ingemeng is.
Bedek ‘n klein bakplaat met bakpapier. Kies ‘n bak wat groot genoeg is sodat die fudge ongeveer 2-3 cm dik sal wees.
Voeg die mengsel in die bak en smeer dit gelyk.
Plaas in die vrieskas vir 30 minute.
Berei die roomkaasversiersuiker voor: Plaas die xylitol in ‘n voedelsverwerker en pols tot ‘n poeier.
Plaas die roomkaas in ‘n mengbakkie.
Strooi die xylitol asook die suurlemoensap en -skil oor.
Meng deeglik saam.
Plaas in die yskas om te verkoel.
Sny die fudge in blokkies, versier met die roomkaasversiersuiker en bedien saam met goeie koffie of rooibostee, en dink aan sneeu op die Alpe!
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za