Vandeesweek se kok is ‘n man wat daad by woord voeg. Hy was vir lank die bedryfshoof van South Africa Day, ’n inisiatief om nasiebou en ’n beter toekoms te bevorder. Ná sy uittrede werk hy meer aktief saam met die Privilege-stigting. Hierdie stigting bestuur projekte om gemeenskappe deur die land aan te moedig om eienaarskap van hulle dorp te neem deur self op te ruim en reg te maak. Hy’s ‘n planmaker, en sommige mense noem hom ‘n vredesman, want hy is nie bang om sy hande vuil te maak ter wille van sosiale opheffing en rasseverhoudinge nie. Al kook hy nie gereeld nie, was hy dadelik bereid om een van die geregte wat hy wel maak, met ons te deel.