250 g sagte botter
30 ml ekstra suiwer olyfolie
sout en peper, na smaak
3 knoffelhuisies, fyn gerasper
’n hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
½ koppie fyn biltong (biltongpoeier)
1 groot ciabatta (koop die beste kwaliteit wat jy kan kry)
Plaas die botter, olyfolie, sout en peper, knoffel, pietersielie en biltong in ’n voedselverwerker en meng goed (jy kan dit ook doen met ’n elektriese handklitser of selfs met ’n vurk).
Sny die ciabatta in snye, maar moenie deur die onderste kors sny nie (hou die brood dus heel aan die onderkant).
Smeer die snye aan alle kante met die biltongbotter, en hou ’n bietjie oor om bo-oor die brood se bokant te smeer aan die einde.
Draai dit toe met foelie, en braai oor medium warm kole tot die brood lekker warm is en die korsie lekker bruin en krakerig.
Bedien warm.
Nota: Jy kan die brood ook in die oond bak op ’n bakplaat sonder foelie, teen 180 grade Celsius vir ongeveer 15 – 20 minute.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za