15 ml olie
60 g botter
6 hoenderfilette, in repies gesny
2 eetlepels garam masala
2 eetlepels fyn koljander
4 knoffeltoontjies, fyngemaak
1 eetlepel fyn gemmer
1 eetlepel rooipeper
1 teelepel sout
3 kardemompeule
5 swart peperkorrels
1 koppie ongegeurde joghurt
½ koppie room
3 eetlepels tamatiepuree
2 lourierblare
vars koljanderblare
Verhit olie en botter in 'n kastrol en braai die hoenderrepies tot bruin.
Skep uit en hou eenkant.
Braai die uie in dieselfde kastrol tot sag.
Meng die hoender, uie, joghurt en al die speserye saam.
Skep terug in kastrol en prut vir 20 minute.
Roer af en toe.
Voeg room by en meng deur.
Garneer met koljander en bedien op basmatirys.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za