6 patats, geskil en in skywe gesny
1 stuk pypkaneel
gerasperde skil van 1 lemoen
2,5 ml sout
300 ml lemoensap
150 ml bruinsuiker
30 ml heuning
20 ml mielieblom
20 ml water
Plaas die patats in ‘n pot saam met die pypkaneel, gerasperde lemoenskil en sout.
Meng die lemoensap, bruinsuiker en heuning en giet dit oor die patats.
Kook oor lae hitte tot die patats sag is.
Skep die patats uit, en hou eenkant.
Meng die mielieblom en water tot ‘n pasta, en roer dit by die sous in die pot.
Laat dit prut vir ‘n paar minute totdat die sous dik is.
Giet dit oor die patats.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za