1 kop blaarslaai, gewas, gedroog en in fyn repies gesny (Hou die blaarslaai koel in die yskas tot net voor opdiening wanneer al die slaaibestanddele gemeng word)
500 g Roma-tamaties (klein ronde tamaties), in die helfte gesny
1 Engelse komkommer, in wieletjies gesny
1 medium rooiui, fyngekap
2 avokados, in blokkies gesny (drup ‘n bietjie suurlemoen oor die blokkies om te voorkom dat dit bruin word)
handvol vars basieliekruid, in repies gesny
2 stukke Griekse of gewone fetakaas, in blokkies gesny of gebrokkel
blatjang
gerookte paprika
rysspesery
1 blik kekerertjies, gedreineer en gebraai in botter tot bruin. Laat dit afkoel.
vars suurlemoensap
3 -5 eetlepels olyfolie
blatjang
Meng al die slaaibestanddele (behalwe die blaarslaai, suurlemoensap, olyfolie, paprika, rysspesery en blatjang) goed saam.
Voeg dit net voor opdiening bo-op die blaarslaai in ’n groot slaaibak.
Bedruip dit met die suurlemoensap en olyfolie.
Sprinkel die paprika mildelik bo-oor en ook ‘n rysspesery (dit het sout in so nie te veel nie).
Smeer ‘n paar stewige drukke of eetlepels vol blatjang om die kante van die slaaibak bo-op die slaai.
Garneer met paar oorblyblare van die basiliekruid.
Roer die slaai deur aan tafel net voor die mense opskep. Dis baie kleuvol.
Bydisse
Skep dit warm, bo op die slaai in jou bord:
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za