18 tot 24 garnale, oopgevlek met skulp aan
1 bottel witwyn
Prawn & Fish Spice Mix
swartpeper
knoffel, fyngekap
1 stafe gesmelte knoffelbotter
vars suurlemoensap van 3 suurlemoene
Witwynsous
1 koppie dik room
1 koppie witwyn
2 eetlepels meel
1 teelepel gekapte pietersielie
1 teelepel sout
Week die garnale in ‘n groot bak in die witwyn, spesery, suurlemoensap en knoffel.
Bedek dit vir n uur of wat voor dit braai toe gaan.
Plaas die garnale in ‘n toeknyprooster sodat die oopgevlekte kante na dieselfde kant toe wys.
Die vuur moenie te warm wees nie – braai na smaak tot dit lekker sizzle.
Smeer dit deurentyd met die marinade terwyl dit op die vuur is.
Bedien met rys en ‘n witwynsous.
Witwynsous
Meng al die bestanddele en bring dit to kookpunt.
Verlaag die hitte en laat dit prut.
Jy kan ook knoffelbotter byvoeg vir ekstra geur.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za