4 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
8 hoenderporsies, met vel en been
½ koppie olyfolie
½ koppie vars suurlemoensap
1 koppie hoenderekstrak
1 koppie olywe
12 knoffeltoontjies
1 eetlepel droë roosmaryn
1 eetlepel droë origanum
1 teelepel komynpoeier
½ teelepel neutmuskaatpoeier
2 eetlepels gerasperde suurlemoenskil
8 suurlemoenskywe
gekapte pietersielie
sout en swartpeper
Meng al die bestanddele saam (behalwe die pietersielie, suurlemoenskywe en aartappels)
Marineer die hoenderstukke vir n paar uur of oornag in die marinade.
Voorverhit oond tot 220 grade.
Pak die aartappels in ‘n oondbak en plaas die hoender bo-op.
Giet die marinade oor en pak die suurlemoenskywe bo-op.
Bak sonder deksel vir 45 minute tot hoender sag is.
Garneer met gekapte pietersielie.
Kali òrexi (Smaaklike ete)
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za