3 – 4 nektariens, ongeskil in dun skywe gesny
120 g koekmeel
1 koppie muesli
140 g bruinsuiker
¼ teelepel koeksoda
130 g botter
gerasperrde skil van 1 suurlemoen
50 g amandelvlokkies
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Braai die nektarienskywe liggies in botter.
Smeer ‘n oondpan.
Meng al die bestanddele, behalwe die nektariens en amandelvlokkies, saam en vryf die botter deur.
Strooi die helfte van krummelmengsel in die pan en druk goed vas.
Plaas die perskeskywe bo-op, en dan res van die krummels met amandelvlokkies laaste.
Druk dit goed vas.
Bak vir 30 tot 35 minute en laat dit afkoel.
Sny dit dan in stafies, en stoor in lugdigte houer.
Dit kan ook warm bedien word met jogurt en heuning.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za