6 stokvismootjies
Volroom melk
neutmuskaat
2 eetlepels roomkaas
handvol sprietuie
spinasie, opsioneel
10 pikante rissies (peppadews)
swartpeper
kors:
2 blomkoolkoppe
rooipeper
gerasperde skil van 1 suurlemoen
bloukaas
Stoom stokvis in melk en neutmuskaat tot gaar.
Vlok die vis en meng met die res van die bestandele.
Skep in 'n oondbak.
Kook die blomkool tot sag en voeg die res van die korsbestandele by.
Maak dit soos kapokaartappels fyn.
Skep bo-op die vismengsel.
Strooi die bloukaas oor.
Bak teen 180 grade tot die kaas begin borrel.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za