4 hoenderdye, met vel en been
4 hoenderborsies, met vel en been
2 medium uie, Â fyngekap
4 knoffeltoontjies, gekerf
1½ eetlepels gerookte paprika
1 eetlepel fyn komyn
4 lourierblare
1 teelepel brandrissievlokkies
1 koppie rooilensies
1 koppie kersietamaties
2 koppies hoenderaftreksel
½ koppie gekapte pietersielie, vir garnering
sout en swartpeper
olyfolie
Verhit die oond tot 200 grade.
Vryf die hoenderporsies goed in met sout en swartpeper, en seël dit in ‘n oondpan met warm olyfolie – 3 tot 4 minute aan elke kant.
Hoe die hoender eenkant.
Braai uie, knoffel, paprika en komyn oor medium hitte in dieselfde pan. Voeg nog olyfolie by indien nodig.
Voeg die lensies, hoendaftreksel, tamaties, lourierblare, brandrissievlokkies en hoenderporsies by, en plaas die pan in oond.
Bak vir 25 minute tot gaar. Draai die porsies om ná 15 minute.
Garneer met vars pietersielie.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za