500 g vars okra, afgespoel en in die lengte deurgesny
1 eetlepel wit asyn
1 eetlepel olyfolie
1 teelepel growwe sout
½ teelepel gemaalde swartpeper
½ teelepel knoffelpoeier
1 teelepel gemengde droë kruie
Verhit die oond tot 240 grade Celsius.
Plaas die okra in ‘n engbak en bedek met water en asyn.
Laat dit vir 15 minute staan, en roer gereeld.
Dreineer goed, bedruip met olyfolie, en strooi sout, swartpeper, knoffel en kruie oor.
Plaas die okra op ‘n bakplaat met foelie, en bak vir 20 minute – draai na 10 minute om.
Haal die skyfies uit die oond en verlaag die temperatuur na 80 grade.
Plaas die skyfies terug in die oond.
Hou oonddeur op ‘n skrefie oop met ‘n houtlepel en bak vir 2 tot 3 ure tot lekker bros.
Heerlike gesonde skyfies.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za