8 hoenderdye en -borsies met vel en been
2 koppies hoenderaftreksel
2 middelsag wortels, grof gekap
2 middelslag uie, in kwarte gesny
2 selderystingels, gekerf
1 groen soetrissie, grof gekerf
1 groot aartappel, in blokkies gesny
1 middelslag blomkool, opgebreek
2 koppies rou basmatirys
olyfolie
Speserymengsel
1 teelepel kaneel
1 teelepel borrie
1 teelepel knoffelpoeier
1 teelepel naeltjies
1 teelepel All Spice
Verhit die oond op 220 grade Celsius.
Plaas die hoenderstukke, hoenderaftreksel, olyfolie, sout en soetrissie in ‘n oondbak en bak vir 30 tot 40 minute.
Haal die hoenderstukke uit en behou die vloeistof vir later.
Plaas die groente in die pan en bedruip dit met olyfolie en strooi die kruiemengsel bo-oor.
Roer dit goed en bak vir 10 tot 15 minute.
Kook die rys tot amper gaar en dreineer.
Plaas die hoenderstukke in ‘n groot kastrol, die groente bo-op dit en laastens die rys heel bo.
Meng die kruievloeistof en hoenderaftteksel saam en voeg by.
Laat dit prut met die deksel op vir 10 tot 15 minute.
Haal die deksel af, plaas ‘n opskepbord bo-op kastrol en keer die kastrol versigtig om op die bord.
Laat dit rus vir sowat 5 minute, en lig die pot dan versigtig op.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za