4 hoenderfilette, opgesny
2 uiem opgekerf
160 g chorizo, opgesny
3 knoffeltoontjies, fyngekerf
1 teelepel borrie
knypie safraan
1 teelepel gerookte paprika
850 ml hoenderekstrak
200 g gevriesde ertjies
300 g paellarys
2 eetlepels olyfolie
suurlemoenskywe en gekapte pietersielie vir garnering
sout en peper
Verhit olyfolie in diep pan.
Verbruin die hoender liggies, en hou eenkant.
Verlaag die hitte.
Braai die uie.
Voeg die knoffel by.
Voeg die chorizo by.
Voeg die kruie by en dan die rys.
Roer dit vinnig deur en voeg die hoenderekstrak by.
Bring dit tot kookpunt en voeg die hoender by.
Laat vir ongeveer 20 minute prut.
Voeg din ertjies by en laat dit vir 5 minute prut.
Voeg sout en peper by na smaak.
Garneer met suurlemoenskywe en gekapte pietersielie.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za