4 koppies rou pampoenblokkies
2 uie, fyngekap
3 knoffeltoontjies, fyngedruk
3 teelepels tamatiepuree
1eetlepel bruinsuiker
1 koppie hoenderaftreksel
1 koppie gerasperde cheddarkaas
5 teelepels botter
1 teelepel gemengde droë kruie
2 teelepels vars salie, gekap
sout en swartpeper
3 eiers
3 eetlepels bakpoeier
1 koppie koekmeel
1 koppie room
Braai die uie en knoffel tot sag in ‘n groot kastrol.
Voeg die pampoen, kruie, salie, tamatiepuree, bruinsuiker en aftreksel by.
Verlaag die hitte, bedek en prut tot die pampoen sag is.
Dreineer die vloeistof, en druk die pampoen fyn.
Meng die kaas by.
Meng die eiers, meel, bakpoeier, room, sout en peper saam, en roer dit by pampoenmengsel.
Smeer ‘n oondbak met botter.
Voeg die mengsel in die bak, en bak teen 180 grade Celsius vir 60 minute.
Bedien as bykos
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za