600 g varkboud
1 liter gemmerbier
2 teelepels gemengde kruie
4 knoffeltoontjies
6 groot aartappels
kweperjellie
botter
olyfolie
sout en peper
Sny die dikvet van die boud af en hou dit eenkant.
Plaas die varkboud in 'n prutpot met die gemmerbier, kruie en knoffel.
Laat drie uur lank prut.
Smeer die aartappels met olie en prik dit met 'n vurk.
Plaas dit in ‘n oondbak, en bak tot gaar teen 180 grade Celsius.
Sny 'n kruis in die aartappel, en voeg ‘n bietjie botter binne-in.
Braai die afgesnyde vet in ‘n bietjie olie in 'n pan tot dit bros is.
Hou die kaiings eenkant.
Haal die varkboud uit die prutpot, en trek die varkvleis uitmekaar met 'n vurk.
Meng die fyn varkvleis met die kweperjellie en kaiings. Voeg sout en peper na smaak by.
Plaas dit bo-op die gebotterde aartappel, en bedien.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za