Deel 1
8 hoenderdye
1 koppie witwyn
1 klein blikkie tamatiepasta
baba-aartappels
olie
Deel 2
3 pers uie, in kwarte gesny
2 chorizo-worse, in ringe gesny
1 pakkie groen of swart olywe
handvol kappertjiekruid (capers)
1 koppie witwyn
1 blikkie tamatie-en-uiemengsel
1 klein blikkie tamatiepuree
Deel 1
Braai dye tot bruin in die olie in ‘n oondbak.
Voeg die wyn, tamatiepuree en aartappels by.
Plaas die deksel op, en bak teen 160 grade vir 30 minute.
Deel 2
Voeg die res van die bestanddele by.
Bak vir ‘n verdere 30 minute.
Voeg nog “sous” by indien nodig – witwyn en geblikte tamatie.
Bedien met dik snye ciabatta of bruinrys.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za