1 kg skaapvleis (blad of boud), in blokkies gesny
1 kg ryp tamaties, ontvel en gekap
6 mediumgroot aartappels,geskil en gehalveer
2 groot uie, in ringe gesny
1 teelepel swartpeperkorrels
1 teelepel naeltjies
2 stukke pypkaneel
2 eetlepels geskilde en gekapte vars gemmer
3 kardemomsade
½ teelepel paprika
½ teelepel fyn komyn
4 lourierblare
4 knoffeltoontjies
5 teelepels kookolie
3 koppies hoenderaftreksel
Braai die uie, knoffel, peperkorrels, paprika, komyn en naeltjies saam.
Voeg die pypkaneel en gemmer by.
Voeg die vleis en kardemomsade by.
Laat die vleis seël en verbruin.
Voeg die hoenderaftreksel en lourierblare by.
Laat dit prut vir 45 minute tot byna sag.
Voeg die tamaties en aartappel by, en prut tot gaar.
Geur met sout en swartpeper.
Bedien met bruinrys.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za