Hierdie tert is lekker op sy eie as ʼn vegetariese gereg, of geniet dit as ʼn bykos by braaivleis.
Hierdie tert is lekker op sy eie as ʼn vegetariese gereg, of geniet dit as ʼn bykos by braaivleis.
1 rolletjie broskorsdeeg
2 uie, in kwarte gesny
3 murgpampoentjies, in skywe gesny
1 klein botterskorsie, in blokkies gesny
2 medium eiervrugte, in blokkies gesny
handvol babatamaties, gehalveer
paar takkies roosmaryn
paar knoffelhuisies
1 wiggie bloukaas, in stukke gebreek
100 ml suurroom
pietersielie, opgekap
grasuie, opgekap
Geur groente met sout en varsgemaalde swartpeper, asook ʼn paar takkies roosmaryn en ʼn paar knoffelhuisies.
Besprinkel met olyfolie.
Pak die groente op ʼn pan, en rooster in ʼn voorverhitte oond teen 180˚ C tot sag – ongeveer 20 minute.
Laat groente heeltemal afkoel.
Verhit die oond tot 190˚ C.
Rol die deeg uit op ʼn meelbestrooide oppervlak tot ‘n dikte van ongeveer 3 mm.
Plaas die deeg in ʼn 24 cm-tertpan of pasteibak.
Indien deeg oorhang, vou dit terug en vorm ʼn mooi skulpvormige rand.
Skep die groente op die deeg, en verf die deeg met geklitste eier.
Plaas dit in die oond en bak vir ongeveer 30 minute.
Meng die bloukaas, suurroom, pietersileie en grasuie.
Haal die pastie uit die oond, en giet die bloukaasmengsel bo-oor.
Plaas terug in die oond en bak vir 15 minute tot die kaas gesmelt het en deeg mooi bruin is.
VARIASIE
Gerookte spek, goudbruin gebraai, is net so lekker saam met die groentevulsel.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za