4 mielies, blare en harige stringe verwyder
400 g tamaties, in blokkies gesny
½ rooi ui, in dun skywe gesny
1-2 ryp avokados, in blokkies gesny
’n klein bossie vars koljander, rofweg gekap
30 ml ekstra suiwer olyfolie
15 ml rooiwynasyn (of suurlemoensap)
sout en peper, na smaak
Braai die mielies vir ’n paar minute oor oop vlamme of warm kole tot dit plek-plek swart raak, maar steeds ferm is (jy kan dit ook oor ’n oop gasvlam doen as jy ’n gasstoof het).
Laat die mielies effens afkoel, en sny dit dan van die stronke af, en plaas dit in ’n groot mengbak.
Voeg die tamaties, uie, avokado en koljander by, en bedruip dit met olyfolie en rooiwynasyn.
Geur met sout en peper en meng goed.
Bedien dadelik saam met braaivleis, vlentervark, nachos of tacos.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za